Groen is Die Land van Natal - Tony En Jan
Groen is die land van Natal
Wyd lê die velde omheen
Wolke seil hoog in die blou hemelboog
En 'n arend vlieg na die son
Groen is die land van Natal
Daar waar die bergbokke wei
Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom
Van die wêrelddrang afgeskei
Teen die randjie staan 'n huis
Waar my hart ontwaak
Saans wag my beminde daar
Die dag is dan volmaak
Groen is die land van Natal
Heuwel en vlakte en dal
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
In die groen groen land van Natal
Teen die randjie staan 'n huis
Waar my hart ontwaak
Saans wag my beminde daar
Die dag is dan volmaak
Groen is die land van Natal
Heuwel en vlakte en dal
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
In die groen
Groen land van Natal