Bloutrein (Live)-Dozi

Bloutrein (Live)

歌手:Dozi

时间:2023-10-06

    使用手机浏览器「扫一扫」

    在手机上保存,获得更好体验

标签
猜你喜欢的歌曲
歌词

Ek wag in die straat vir genade brood

Bedel bietjies hoop met die bakhand oop

Met ‘n bord en ‘n blik skep ek koper krummels

Van die hand tot die mond val die pap op die grond

Daar’s nie iemand om my op te tel nie

En niemand is alleen se pel nie

Hier staan ek nou

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Die kos lê koud in hierdie middernag land

Met ‘n helpende hand net ‘n iets vir die aand

Ek delf in die myne vir die silver sikkels

Dis ‘n groot gesukkel daar is niks meer oor nie

Daar’s nie iemand om my op te tel nie

En niemand is alleen se pel nie

Hier staan ek nou

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Dis ‘n bitter soete swane sang

Maar kaalvoet op die teer raak seer Meneer

Daar’s nie iemand om my op te tel nie

En niemand is alleen se pel nie

Hier staan ek nou

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Tot die Bloutrein uit die hemel kom

Meneer as die Bloutrein kom

Tot die Bloutrein kom

展开显示全部歌词