Rolbos-Janita Claassen
    使用手机浏览器「扫一扫」

    在手机上保存,获得更好体验

标签
歌词

rolbos - janita claassen

o jou rolbos van verlange

sal jy my dan nooit laat staan

in my klein geheime kampie

waai jy teen die drade aan

vlug ek selfbedrog reaksie

na die son en see en strand

soek ek steeds vergeefs twee spore

in die nat streep van die sand

o jou rolbos waai bos tolbos

ek kan mos ook voel weet jy

waarom dwarrel dwarrel dwarrel

die vier winde jou geraamtes rondom my

o jou rolbos waai bos tolbos

ek kan mos ook voel weet jy

waarom dwarrel dwarrel dwarrel

die vier winde jou geraamtes rondom my

en al sou ek in verbeelding

na die verre ruimtes gaan

vind ek tolbos in die kraters

van my hart se dooie maan

o jou rolbos van verlange

sal jy my nooit rus laat vind

sal jy aan my hart bly rasper

as jy skarrel voor die wind

o jou rolbos waai bos tolbos

ek kan mos ook voel weet jy

waarom dwarrel dwarrel dwarrel

die vier winde jou geraamtes rondom my

o jou rolbos waai bos tolbos

ek kan mos ook voel weet jy

waarom dwarrel dwarrel dwarrel

die vier winde jou geraamtes rondom my

rolbos waai tolbos

ek kan mos ook voel weet jy

waarom dwarrel dwarrel dwarrel

die vier winde jou geraamtes rondom my

rolbos waai tolbos draai

ek kan mos ook voel weet jy

weet jy weet jy weet jy

展开显示全部歌词