ek het mooi gevra
gebedel by die hemel
ek’t my Pa gevra
vir ‘n been wat pas
in my ribbekas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was
my lyf het gedryf in die dooie see
jy’t die fakkels in die donker vir my aangegee
my losgemaak uit die doringdraad
toe die engel met haar hande aan die water raak
ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water
Hy het jou gestuur
tot in die koue van my eenman-vuur
gemeet gepas – aan my flenterjas
jou ingelas met Sy waterpas
daar waar die gate was
jy’t my opgetel langs my slingervel
toe die reuse in my kop hulle geld kom haal
jy’t my oorvertel in n volverhaal
met die bloed van jou trane hulle terugbetaal
ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water
ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water
jy’t gesê die sand val deur ons hande
ek en jy
die hemel het my bedelbrief gekry
ek’t mooi gevra
gebedel by die hemel - ek’t my Pa gevra
vir ‘n ribbekas waarin ek sou pas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was
ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water
ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water